As hierdie tweetjies jou nie laat glimlag nie, dan weet ek nie wat sal nie 😉

Kyk net die gesiggies! Te dierbaar vir woorde! Connor en Hunter het tog te lekker gemors. Hulle het nie baie van die koek geëet nie maar wel lekker gemors. Soos regte seuntjies!

Ek is mal oor die uitkoms van die fotosessie. Hulle mamma, Tanya het die oulike onesies vir hulle laat maak wat perfek gepas het by die tema van ‘Dr. Seuss.’

Die koek is gemaak deur Playful Baking. Meer fotos sal binnekort te sien wees..