Vandag is ek so so dankbaar vir wonderlike mamma kliënte wat my besigheid help groei en met wie ek al n lang pad stap. Julle is elkeen vir my baie spesiaal! Ek sonder graag vandag vir mamma Tania en haar mooiste gesin uit. Tania, ek kan net baie baie baie dankie se vir jou getroue ondersteuning en dat jy altyd my werk koester en die liefde wat ek daarin sit. Dit beteken vir my oneindig baie. Dis mammas soos jy wat dit moontlik maak vir my om te doen waarvoor ek lief is en dit 100% uit my hart te doen!

Dit was vir my n voorreg om vir pragtige Charlett n cake-smash sessie te doen. Sy is n regte bondeltjie liefde en die vriendelikheid self! Ek is so bly haar boeties het ook saam gekom vir n paar fototjies! Kyk net hoe oulik is hulle bymekaar! Ek is seker hulle gaan eendag die beste ouboeties wees waarvoor enige sussie kan vra 🙂

Ek is mal oor die flammink tema en die mooie koek gemaak deur Playful Baking.

Ek hoop julle geniet elke fototjie van julle poppie. Sy is so pragtig!!