Vandag deel ek graag Amelia se ‘Tropical Flamingo’ cake-smash met julle. Hierdie verjaarsdag meisie het elke minuut van haar fotosessie geniet en ons omtrent laat ‘werk’ vir hierdie fotos van haar 😉

Sy het so lekker aan die koek geëet en haar voete daarin gedruk! Ek is mal oor die kleure en tema van die fotosessie. Dit was so gepas vir Amelia en haar persoonlikheid!

Uitrusting verskaf deur Amelia Lilly Children’s Boutique. Koek gemaak deur Playful Baking.

Dankie aan mamma Marilize en pappa Carel vir die lekker fotosessie en baie geluk met julle liefste se eerste verjaarsdag!

Mammas as jy belangstel in so n cake-smash fotosessie om jou babatjie se eerste verjaarsdag te vier, onthou van my ‘Bucket list’ cake-smash sessies wat nog beskikbaar is. Kies enige tema op my bucket list en ontvang 15% afslag. Daar is n ekstra 5% af as mens in Mei maand bespreek. Kontak my by info@elaineottophotography.co.za vir meer inligting.