Lieben cake-smash (Sneak peek)

Baie geluk met jou eerste verjaarsdag liefste Lieben! My sussie se seuntjie het onlanks een geword, en natuurlik het ek vir hom n cake-smash sessie gedoen 🙂 Hy is te dierbaar vir woorde! Hy het so rustig aan die koek geëet en homself verkyk aan al die versierings vir die fotosessie. Ons is baie lief vir jou…

Lynn-Marie Newborn (Sneak peek)

Hello liefste baba Lynn-Marie! Is sy nie net te dierbaar vir woorde nie!? Sy was net 7 dae jonk op die dag van die fotosessie. Hulle is vir my so n spesiale gesin! Ek het die voorreg gehad om vir Quintin en Lerien verlowings fotos, trou fotos, maternity fotos en nou newborn fotos te neem.…

Herfs is hier | Promosie fotosessie

Ek deel graag vandag ons nuwe reeks fotosessies vir babas en kinders – Herfs is hier! Herfs is vir my so n mooi tyd van die jaar en die perfekte geleentheid vir mini-fotosessies. Ek is so opgewonde om vir Annapatat deel te he van die fotosessies – hulle verskaf n paar pragtige uitrustings vir die fotosessies.…

Larizelle | Woud Prinses

Mooiste Larizelle, sy is n regte klein prinsessie! Sy is so fotogenies en natuurlik voor die kamera – die perfekte kombinasie vir my promosie fotosessie. Ek het so n lekker fotosessie met haar gehad! Die tweede reeks nuwe fotosessies wat ek bekendstel is; Woud Prinses. Soos die naam dit stel, word die fotosessies in die…

Leane | See Prinses

Ek is so opgewonde om hierdie fotosessie te deel vandag! Is dit nie net die mooiste dogtertjie wat julle al gesien het nie!? Sy is so n vrolike en sprankelende klein mensie! Mense vra my altyd hoe ek dit regkry om kinders af te neem en mooi fotos van hulle op kamera vas te vang.…

Zybrandt newborn

Hello liefste baba Zybrandt! Is hy nie net te dierbaar nie!? Ons het n wonderlike fotosessie met hom gehad. Ek is mal oor die foto waar hy direk vir die kamera kyk en die enetjie waar hy so half loer vir ons 😉 Baie geluk met julle babatjie, Lourens en Zonika! Julle is n pragtige…

Luan Newborn

Pragtige baba Luan en sy mamma Leani. Is hy nie net die mooiste babatjie nie!? Ons het n wonderlike fotosessie met hom gehad en hy het omtrent my hart laat smelt! Ek is mal oor die swart en wit fotos van hom!

Baie geluk met die geboorte van julle seun, Leani en Lodewyk!